Melania Trump | |
Melania Trump – amptelike portretfoto | |
Eerste Dame van die Verenigde State
| |
Ampstermyn 20 Januarie 2017 – 20 Januarie 2021 | |
President | Donald Trump |
---|---|
Voorafgegaan deur | Michelle Obama |
Opgevolg deur | Jill Biden |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Melanija Knavs 26 April 1970 Novo Mesto, Slowenië, Joego-Slawië |
Politieke party | Republikein |
Eggenoot/-note | Donald Trump (2005–hede) |
Kind(ers) | Barron Trump |
Alma mater | Universiteit van Ljubljana |
Handtekening |
Melania Trump ([məˈlɑːniə]; gebore as Melanija Knavs[1] [mɛˈlaːnija ˈknaːu̯s] op 26 April 1970 in Novo Mesto, Slowenië;[2] later gewysig tot Melania Knauss, was van 2017 tot 2021 die Eerste Dame van die Verenigde State gedurende die presidentskap van haar eggenoot, Donald Trump.
Voordat sy in 2005 met die toekomstige 45ste president Trump getroud is, het sy 'n loopbaan as fotomodel gevolg. In 2016 het sy haarself as 'n "voltydse ma" beskryf. As boorling van Slowenië het Melania Knauss vanaf 2001 permanente verblyfstatus in die VSA verkry. Vyf jaar later het sy Amerikaanse burgerskap aanvaar.
Melania Trump was die eerste genaturaliseerde Amerikaanse burger wat die ere-amp van Eerste Dame beklee het, en die tweede Eerste Dame na Louisa Adams (die eggenote van John Quincy Adams, die sesde President van die Verenigde State vanaf 1825 tot 1829, wat in Londen gebore is) wat oorsee gebore is.
As Eerste Dame van die Verenigde State het Melania Trump veral na die belange van kinders omgesien.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search